Die Nigeriese konsulaat in Suid-Afrika het Johannesburg City Power beskuldig van die oortreding van internasionale verdrae nadat hulle krag in hulle Alexandra-kantore afgesny is.
City Power het Woensdag die krag by die Nigeriese konsulaat se Alexandra-kantore afgesit nadat hulle nie hulle rekening van R400 000 betaal het nie.
Die Nigeriese konsulaat het glo briewe geskryf om te kla oor die krag wat afgesit is. Die krag is glo weer aangesit nadat ’n deel van die rekening betaal is.
Bronne: Jacaranda FM, OFM, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Regering sê dit vertrou elektrisiteitskrisis word hanteer



