Die polisie in Muizenberg is besig met ‘n ondersoek nadat een van sy polisiebeamptes Saterdagaand in Khayelitsha doodgesteek is.
Kapt. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die moord is nog nie bekend nie. Die Valke moet nog die verdagte in die moord op die 37-jarige in hegtenis neem.
Die oorledene het by die Muizenberg-polisiestasie gewerk.
Meer besonderhede sal bekendgemaak word nadat daar met die oorledene se familie gepraat is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



