‘n Matrikulant van Gauteng spog nou met ‘n Audi S3 wat hy van sy ouers as geskenk ontvang het nadat hy vyf onderskeidings in die matriekeksamen behaal het.
Die tiener het op Twitter foto’s van sy nuwe motor gedeel en gesê omdat sy ouers hom vertrou, het hulle dié motor as “by voorbaat geluk” aan hom gegee.
Volgens cars.co.za is die motor ongeveer R883 000 werd.
Matrikulante regoor die land het verlede week hulle matriekuitslae ontvang.
Die slaagsyfer vir matrikulante was 80,1%. – IOL News, 50minds.com, The Saturday Star
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



