Die liggaam van ‘n man in sy vroeë 20’s is vroeg vanoggend deur baaiers in ‘n getypoel by Salt Rock in KwaZulu-Natal gevind.
IPSS Medical Rescue sê die baaiers was op die punt om in die getypoel te klim toe hulle die liggaam onder op die bodem raaksien.
IPSS Medical Rescue, sowel as hul soek-en-reddingspanne was nog kort gelede op die toneel.
Dit is ‘n aktiewe toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



