Man vermoor glo meisie en pleeg selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

Albert Mokgonyana (45) van Seshego buite Polokwane, Limpopo, het Sondag 22 Januarie glo eers vir Rachel Madubanya (41), sy meisie, aangerand en doodgemaak voordat hy selfdood gepleeg het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê lede het om ongeveer 07:00 op ‘n klagte by ‘n huis in uitbreiding 133 reageer.

Met hul aankoms op die toneel het hulle die vrou se liggaam, wat kneusplekke aan haar rug gehad het, in die slaapkamer gevind, en die liggaam van Mokgonyana waar hy in die gang gehang het.

Die liggame is glo vroeër die oggend deur twee kinders van 9 en 13 jaar oud ontdek.

Die motief vir die moord en selfdood is nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.

“We are very saddened by the incident and still urge community members who are experiencing domestic challenges to seek help immediately instead of resorting to violence, ” het lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris van polisie in Limpopo, gesê.

‘n Moord en geregtelike doodsondersoek is geregistreer terwyl ondersoeke voortduur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.