‘n Boer is ernstig beseer toe hy Sondagaand om ongeveer 19:15 op ‘n plaas in Montagu, Wes-Kaap, geskiet is.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die familie was na bewering by die huis toe onbekende verdagtes die perseel betree het. ‘n Gestoei het tussen die slagoffer en verdagtes ontstaan, waarna die slagoffer glo in die gesig geskiet is.
Die vermeende verdagtes het gevlug. Geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Die Montagu-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Inien enigiemand enige inligting van die insident het, kan hulle Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



