Volgens die polisie in Daytona Beach, Florida het ’n 76-jarige vrou Saterdag haar sterwende man in sy hospitaalkamer doodgeskiet nadat hulle ooreengekom het dat hulle albei sou selfdood pleeg as sy toestand sou vererger.
Die vrou, Ellen Gilland, het haar man Jerry Gilland doodgeskiet omdat hy te swak was om dit self te doen, en sou haarself ook skiet, maar kon nie deurdruk daarmee nie. Sy het haarself in die kamer toegesluit en is later in hegtenis geneem. Sy sal van moord aangekla word.
Die polisie het gesê sy was nie ’n bedreiging vir ander se veiligheid nie en sy is net hartseer.
Bronne: US News, CNN, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



