KZN-vrou kry 20 jaar na sy albinokind probeer verkoop

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy ’n albinokind aan ’n tradisionele geneser probeer verkoop het in Manguzi, KwaZulu-Natal.

Volgens die nasionale vervolgingsraad het die vrou James Mthembu in Junie 2016 genader en gesê sy kan ’n 11-jarige albinokind aan hom verkoop sodat hy die kind vir tradisionele medisyne kan gebruik.

Mthembu het die polisie ingelig en hulle het die vrou in hegtenis geneem op aanklagte van poging tot mensehandel.

Bronne: IOL, Herald Live, Mbare Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Bejaarde vrou skiet sterwende man om hom te help, volgens polisie