Jy kan nie verkeerd gaan met ‘n smullekker Bar One-kaaskoek nie!
Maak: 1 x 22 cm-koek
Bereidingstyd: 40 minute, plus stoltyd
1½ pakkie semelkoekies (digestive biscuits)
150 ml gesmelte botter
VULSEL:
15 ml gelatien
250 ml room
2 x 230 g-bakkies roomkaas
115 ml (100 g) strooisuiker
2 x 55 g-Bar-One-sjokoladestafies, gekap, plus ekstra vir versiering
kakaopoeier om oor te sif
METODE:
Rol die semelkoekies fyn. Voeg die gesmelte botter by en meng dit goed.
Druk die mengsel teen die bodem en kante van ’n 22 cm-losboompan vas.
Bedek met kleefplastiek en sit solank in die yskas.
VULSEL:
Gooi 30 ml water oor die gelatien. Laat dit uitswel en verhit dit in die mikrogolfoond tot net gesmelt, dit moenie kook nie. Laat eenkant afkoel.
Klits die room styf. Klop die roomkaas en strooisuiker saam.
Vou die room by die roomkaasmengsel in.
Meng nou ’n bietjie van die roomkaasmengsel by die gelatienmengsel in.
Roer goed en voeg dan by die res van die roomkaasmengsel. Meng goed. Roer die gekapte sjokoladestafies by.
Skep die vulsel in die bereide tertdop uit. Sit in die yskas om te stol.
Pak stukkies Bar-One op die koek en sif kakaopoeier oor. Sny met ’n warm mes in wiggies
Bron: Idees / Kos en Onthaal
Plasing: Henriette Wessels /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



