Kyk: Nog geen geregtigheid vir 7-jarige se dwaalkoeël-dood nie

Deel hierdie storie / Share this story

Emaan Solomons (7) is op Dinsdag 25 Februarie 2020 deur ‘n dwaalkoeël in Libraweg, Ocean View, Kaapstad getref waar sy in die tuin gesit en speel het.

Sy is dood en is in Simonstad-begraafplaas begrawe.

Woman For Change sê twee vermeende bendelede wat na bewering vir haar moord verantwoordelik was, se hofsaak het reeds in April 2022 begin, maar daar was tot vandag toe nie geregtigheid vir haar dood nie.

Die hofsaak is reeds verskeie kere uitgestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.