Colin Pretorius, ‘n gr. 11-leerling van Hoërskool Stella, het Maandagoggend 16 Januarie 2023 tuis by hul huis inmekaargesak.
Colin was die oggend op pad skool toe toe hy ineengestort het.
Dit gaan nie goed met hom nie en hy is in ‘n ernstige toestand van ‘n hospitaal op Vryburg na Kimberley oorgeplaas.
Volgens sy ma, Sanet, vermoed dokters dat hy moontlik breinvliesontsteking onderlede het en daar is boonop fout met sy niere.
Hy is tans in ‘n koma.
Hoërskool Stella het op hul Facebook-blad gevra vir voorbidding vir Colin.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



