Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, het bedank. Ardern het ondersteuners Donderdag geskok met dié aankondiging.
“Dit is tyd,” het die 42-jarige by haar party se jaarlikse vergadering gesê, berig The Guardian.
Sy sal amptelik op 7 Februarie bedank, maande voor die verkiesing wat vir Oktober geskeduleer is.
Ardern het gesê toe sy besef het sy het nie die energie om aan die komende verkiesing deel te neem nie, “het ek ongelukkig geweet daar is nie iets anders om te doen as om nou oor te gee nie”.



