‘n Skool in die Strand word nou deur baie klagtes en negatiewe kommentaar oor rasse-ongelykheid in die gesig gestaar nadat dit aan die lig gekom het dat die 16 nuwe personeellede almal wit is.
Dit volg nadat die skool ‘n foto van die 16 nuwe personeellede op Facebook geplaas het.
Die EFF sien rooi, en sê dat swart mense “sistematies uitgesluit” is by die skool se personeel.
“29 jaar van demokrasie, en ons het steeds ‘slegs wit’-skole wat rassisme uitoefen,” lui ‘n verklaring van die EFF.
Die EFF in die Wes-Kaap sê die skool se personeel is ‘n “celebration of whiteness” en dat die skool die verkeerde boodskap uitstuur – dat slegs wit persone waardig is om by die skool te studeer of as werknemers aangestel te word.
Die party het die LUR van onderwys, David Maynier, die provinsiale departement van onderwys, die skool se beheerliggaam en ander stukture gevra om ondersoek in te stel na die skool se werwingsproses.



