Kyk: Boer verloor R1,6 miljoen se kuikens – Eskom

Deel hierdie storie / Share this story

Nie vir sensitiewe lesers nie!

Hennie Pepler het hierdie video wat op sosiale media versprei word, gedeel.

Die video is al meer as 3 000 keer gedeel.

Hier kan gesien word hoe ontslae geraak moet word van letterlik duisende dooie hoenderkuikens.

FiND iT het ‘n oorspronklike berig aangaande die situasie in die Landbou Weekblad opgespoor.

Volgens die berig het Herman du Preez, wenner van Noordwes se Jongboer van die jaar 2022, van Frangipani-boerdery in Lichtenburg, ongeveer 40 000 kuikens van ongeveer R1,6 miljoen verloor as gevolg van Eskom wat nie ‘n elektrisiteitsprobleem kon oplos nie.

Die boer sukkel al sedert 14 Desember 2022 met Eskom om die probleem na behore op te los.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.