Wêreld se oudste mens sterf op 118

Deel hierdie storie / Share this story

Die Franse non, Suster Andrée – wat verlede jaar deur die Guinness World Records aangewys is as die oudste mens wat lewe – is oorlede minder as ’n maand voor sy 119 sou word.

Suster Andrée is Dinsdag in haar slaap oorlede .

Sy is op 11 Februarie 1904 gebore as Lucile Randon. Op 26 is sy tot Katolisisme bekeer en op 41 het sy by die Daughters of Charity-orde as non aangesluit.

Suster Andrée het verlede jaar gesê werk en na ander mense omsien is die rede is hoekom sy so lank lewe.

Bronne: DW – South Africa, The Guardian, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: American Idol sanger CJ Harris sterf