Vrou in hof op aanklag van bedrog met dogter se paspoort

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (37) verskyn vandag op aanklag van beweerde paspoortbedrog in die Tzaneen-landdroshof na haar inhegtenisname op 16 Januarie.

Volgens kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, het die vrou glo die mobiele binnelandse sake-kantoor in Sekororo buite Tzaneen besoek om vir haar dogter se paspoort aansoek te doen. Haar dogter was glo net in die besit van ‘n geboortesertifikaat en haar vingerafdrukke was dus nie beskikbaar nie.

Na al die nodige prosesse gevolg is, het owerhede van binnelandse sake vasgestel die vrou het haar dogter se besonderhede saam met ‘n foto van ‘n buitelander gebruik.