Elf mense sal na verwagting Woensdag in die Parys-landdroshof verskyn na ’n betoging wat die munisipaliteit se dienslewering beïnvloed het.
Die betogers het glo Maandag verskeie geboue aan die brand gesteek, insluitend die Ngwathe-munisipaliteit se burgemeestershuis.
Die betoging was oor swak dienslewering en ’n watertekort.
Die elf betogers is aangekla van openbare geweld en nog aanklagtes kan teen hulle ingebring word.
Bronne: EWN, OFM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Om ongedokumenteerde kinders uit skool te hou, is onwettig’ sê prokureur



