Sestien mense is vanoggend beseer toe ‘n taxi waarin hulle gery het op die N12 naby Kraftstraat in Boksburg gerol het.
ER24-paramedici en ander nooddienste het omstreeks 06:40 op die toneel aangekom waar die taxi op sy sy gelê het. Die passasiers het langs die pad gesit.
Die passasiers is op die toneel ondersoek. Sestien het beserings opgedoen, maar niemand is oorlede nie.
Die beseerdes is op die toneel behandel en later na onderskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.
Owerhede was op die toneel vir ‘n ondersoek.



