Rowers doen hulle voor as polisie, gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Ses mans wat hulself Dinsdagaand as polisielede voorgedoen het en ‘n huis in Summit-drive, Redcliffe, KwaZulu-Natal beroof het, word gesoek.

Reaction Unit South Africa sê hulle het ongeveer 22:00 ‘n oproep vir hulp ontvang.

Met aankoms op die toneel het die slagoffers hulle meegedeel dat die ses mans wat by hul huis opgedaag het huself na bewering as polisielede geïdentifiseer het. Vier het SAPD koeëlvaste-baadjies aangehad.

Binne die huis het die vermeende rowers vuurwapens uitgehaal en die slagoffers, drie mans, vyf vroue en vier minderjarige kinders, beveel om stil te bly.

Die volwasse slagoffers se hande is met kabelbinders vasgemaak, waarna hulle by ‘n slaapkamer inforseer is, terwyl die vermeende verdagtes die huis in hul soektog na waardevolle items geplunder het.

Agt selfone en twee televisies is gesteel.

Die slagoffers kon loswikkel om hulp te soek.

Geen beserings is opgedoen nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.