Twee sekuriteitswagte geskiet – een dood, een kritiek

Deel hierdie storie / Share this story

Een sekuriteitswag is dood en een kritiek nadat hulle laat Dinsdagaand in die omgewing van King Shaka-lughawe in KwaZulu-Natal geskiet is.

Medi Response het na die toneel reageer waar een sekuriteitsbeampte dood verklaar is. Paramedici van Medi Response en Lenmed se gevorderde lewensondersteunende paramedici het die ander beseerde gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.

Na bewering het die twee wagte patrolliedienste in hul voertuig, binne hul omtrek, gedoen toe hulle deur onbekende verdagtes oorval en hul voertuig gekaap is.

Beide die wagte is tydens die kaping geskiet, waarna een daarin geslaag het om ‘n verbygaande taxi se aandag te trek en hom na die lughawepolisie te neem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.