Gordan Ramsay gekritiseer oor R160-skyfies

Deel hierdie storie / Share this story

Onlangs het ’n kliënt by Gordan Ramsay se Savoy Grill-restaurant gekla omdat hy R160 vra vir “smaaklose” skyfies.

 Verskeie kliënte het op die Internet gekla oor die skyfies wat “smaakloos” is en die spyskaart wat glo min opsies het. Een kliënt het die porsies gekritiseer en gesê mens moet skyfies of groente apart bestel, want dit word nie saam in ’n dis aangebied nie.

Pryse by die Savoy Grill kos tussen R600 en R2 000 vir hoofgeregte terwyl bykosse R160 is. Nagereg kos tussen R300 en R400.

Bronne: IOL, NDTV, 247News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Elf hof toe na Parys-onluste