Jeremy Clarkson het gesê hy het ’n verskoning aan prins Harry en Meghan ge-e-pos nadat hy in ’n nasionale koerant geskryf het hy hoop Meghan word een dag gedwing om kaal deur die straat te paradeer.
Hy het geskryf dat hy Meghan haat op ’n “sellulêre vlak” en dat sy eendag kaal deur die strate geparadeer moet word, wat veroorsaak het dat politici, sy werkgewers en eie dogter teen hom gedraai het.
Sy skryfstuk het meer as 20 000 klagtes ontvang en Amazon Prime Video het Maandag aangekondig hulle gaan nie meer met Clarkson werk nie.
Clarkson se verskoning was dat hy haastig was en dat hy nie kans gehad het om iemand te vra om die storie deur te lees nie. Hy het ook gesê hy is verbaas dat mense so woedend was.
Bronne: IOL, Reuters, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Prins Harry sê kommentaar oor Afghanistan uit konteks geneem



