Prins Harry het gesê die kommentaar wat hy oor sy tyd in Afghanistan gelewer het, is “uit konteks geneem”.
Die prins – wat vir ‘n dekade in die Britse weermag was – sê in sy memoires, Spare, hy het 25 lede van die Taliban doodgemaak toe hy in Afghanistan was. Hy het ook hulle ook vergelyk met “skaakstukke wat van die bord verwyder is” maar hy het nou die mediadekking van die storie as ’n “gevaarlike leuen” beskryf.
Hy het gesê dat dit ’n leuen is dat hy spog oor hoeveel mense hy doodgemaak het en dat sy woorde uit konteks geneem is. Hy het gesê dat sy kommentaar bedoel was om die “aantal selfdode te verminder”.
Aanvanklik is geskryf: “Dit het vir my noodsaaklik gelyk om nie bang te wees vir daardie aantal mense wat vermoor is nie. So my getal is 25. Dit is nie ‘n getal wat my met tevredenheid vervul nie, maar dit stel my ook nie in die verleentheid nie.”
Bronne: BANG Showbiz, Female First
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



