Koning Charles is glo van plan om prins Harry na die kroningseremonie te nooi as ’n gebaar om vrede te maak.
Koning Charles sal formeel gekroon word by Westminster-abdy in Londen in Mei. ’n Koninklike kenner, Katie Nicholl, dink dat Harry – wat sy pa openlik in sy nuwe memoires kritiseer – sal ’n uitnodiging na die seremonie ontvang.
Sy het gesê haar bronne naby die koning het gesê koning Charles is van plan om Harry en Meghan na die kroningseremonie te nooi.
Sy het ook gesê die bal is nou in die Sussexe se baan om die uitnodiging te aanvaar wanneer dit aan hulle gerig word.
Bronne: BANG Showbiz, New York Post, ET Online
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



