Nandi Ndalane (59), die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Limpopo, is vanoggend ernstig beseer in ‘n motorongeluk op die R511 buite Thabazimbi.
Adele van der Linde, woordvoerder van die department van maatskaplike ontwikkeling, sê die LUR ontvang tans mediese behandeling in ‘n nabygeleë hospitaal.
Die bestuurder van haar motorvoertuig en lyfwag het ligte beserings tydens die ongeluk opgedoen, maar is ook in die hospitaal vir verdere mediese hulp opgeneem.
Sy was onderweg om skole te besoek.
Die oorsaak van die ongeluk is tans onbekend en word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



