Man in stukke na trein hom tref – identifikasie verlang

Deel hierdie storie / Share this story

Vroeër vanoggend is ‘n man (vermoedelik in sy 40’s) se liggaam in stukke gevind nadat hy by ‘n treinspoorkruising naby Heidedal in die East-End- industriële area in Bloemfontein deur ‘n trein getref is.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê Heidedal-polisie is ongeveer 07:30 uit na ‘n klagte van ‘n treinongeluk by die East-End- industriële area.

Met aankoms op die toneel het lede ‘n liggaam in stukke gevind. Die oorledene was geklee in ‘n swart trui met wit strepe.

‘n Klagte van strafbare manslag is geregistreer vir ondersoek.

Die polisie versoek dat voetgangers oplettend moet wees wanneer hulle ‘n treinspoorkruising nader en oorgaan.

Die oorledene moet geïdentifiseer word. Die polisie op Heidedal versoek enigiemand wat weet wie die oorledene is om met die stasiebevelvoerder lt.kol. Pule by 071 606 5715 kontak te maak.

ER24 het ongeveer 07:45 op die toneel aangekom waar hulle die man dood verklaar het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.