’n Roemeense hof het beslis dat Andrew Tate in hegtenis sal bly nadat hy op aanklagte van mensehandel gearresteer is.
Andrew Tate, sy broer en twee ander verdagtes sal vir ten minste 30 dae in die tronk gehou word terwyl die ondersoek voortduur.
’n Regter se vroeëre besluit om hul arrestasie te verleng, was gegrond op die redenasie dat Tate en die ander verdagtes uit Roemenië kan vlug en die ondersoeke na hul beweerde oortredings kan ontduik. Boonop glo die hof Tate en die ander verdagtes kan na lande gaan wat “nie uitlewering toelaat nie”.
Tate is op 29 Desember vir ‘n tydperk van 24 uur vir die eerste keer in hegtenis geneem, met die vier individue wat aangekla is van die stigting van ‘n georganiseerde misdaadgroep om ses vroue seksueel te misbruik.
Roemeense aanklaers sê die vroue is onder valse voorwendsels vir ‘n verhouding met Tate en ander verdagtes gelok. Die vroue is daarna gedwing om seksuele dade op kamera uit te voer, wat vir Tate en die ander geld verdagtes aanlyn gemaak het.
Tate en die ander beskuldigdes het die aanklagte teen hom ontken, benewens die Roemeense arrestasiebevel wat betwis is.
Tate, ‘n voormalige professionele skopbokser, is bekend vir sy vrouehatende (misoginiese) opmerkings wat hom miljoene aanlyn volgelinge besorg het. Die vermoede is dat hy sedert 2017 in Roemenië woon.
Die omstrede beïnvloeder is van verskeie sosialemediaplatforms, soos Facebook en Instagram, verban weens sy haatlike opmerkings. Hy is ook in 2017 van Twitter verban weens die oortreding van die diensbepalings, totdat sy rekening in November deur eienaar Elon Musk heringestel is.
Sy arrestasie in Roemenië het gevolg na ‘n hoëprofiel Twitter-argument met die prominente Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg.
Bronne: DW – South Africa, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Andrew Tate probeer lok glo 16-jarige op sosiale media



