Andrew Tate probeer lok glo 16-jarige op sosiale media

Deel hierdie storie / Share this story

Andrew Tate het na bewering ‘n 16-jarige politikus se dogter probeer lok nadat hy haar met eksplisiete boodskappe gebombardeer het voor sy inhegtenisname.

Die voormalige skopbokser Andrew Tate (36) is verlede week in Roemenië in hegtenis geneem as deel van ‘n ondersoek na mensehandel, verkragting en georganiseerde misdaad.

Nou het die tienerdogter van ‘n Roemeense LP en mediamagnaat beweer dat sy op ‘n lys van die Tate-broers se moontlike slagoffers was.

Daria Gusa, wie se pa, Cozmin Gusa ‘n deel van die televisiestasie Realitatea TV besit, het gepraat oor wat sy glo ‘n gelukkige ontsnapping was van die paar se beweerde webcam-seks-“bedrogspul”.

Die nou 19-jarige het gesê sy is deur Tate op Instagram gekontak toe sy net 16 was. Sy beweer hy het haar op die sosialemediaplatform begin volg voordat hy haar met eksplisiete boodskappe gebombardeer het.

Sy was verstom om te ontdek dat van haar mede-vrouestudente by haar ou skool in die Prahova-streek van Roemenië soortgelyke grillerige boodskappe ontvang het. Sy en haar vriende was slim genoeg om nie in die web ingetrek te word nie.

Tate en sy broer Tristan word deur Roemeense owerhede daarvan beskuldig dat hulle vroue op plaaslike sosialemediaplatforms gewerf het en hulle oorreed het om na hul £600k-villa aan die buitewyke van die land se hoofstad Boekarest te reis.

Die broers sou na bewering valslik beweer dat hulle verlief is op die jong vroue, voordat hulle die vroue seksuele dade op webkameras laat uitvoer het.

Vroue is gedwing om pornografiese video’s in die kompleks te verfilm en is volgens Roemeense ondersoekers onder 24/7-huisarres gehou.

Bure van die broers wat in Luton grootgemaak is, beweer tientalle jong mans van Brittanje en die VSA het na die geheimsinnige terrein gereis waar gewoonlik op enige gegewe tydstip ten minste agt vroue voor webkameras doenig was.

Tate en sy broer word in ‘n Roemeense tronk aangehou, aangesien aanklaers vereis het dat hulle vir 30 dae in aanhouding bly.

Twee glansryke makkers van die Tates is ook in die gewapende klopjag gearresteer, insluitend Andrew se modelvriendin (28) en ‘n oud-polisiewerker wat daarvan beskuldig word dat hy gehelp het om vroue na hul huis te lok.

Bronne: News.com, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Voormalige begrafnisondernemers tronk toe ná verkoop van liggaamsdele