Ouers het ‘n protesaksie geloods nadat humeure opgevlam het by Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord, Gauteng, nadat leerlinge nie in skole geplaas is nie. Dit was nie die eerste keer nie. Die hele situasie is as “rassisties” bestempel.
SABCNews doen berig van die skool af:
Die situasie het die aandag van die EFF getrek wat by die skool teenwoordig was en beweer het dat daar verskillende pouses vir verskillende rasse kinders in die skool is. Daar word verder beweer daar is 15 kinders in sogenaamde “wit klasse” en die kinders soos sardientjies ingeryg is in klasse waar “swart kinders” is. Die EFF het gedreig om “barbaars” op te tree indien die skool hulle nie te woord staan nie.
Die ANC was ook by die skool teenwoordig en het gesê die probleem kan nie aan die registrasiestelsel gelê word nie, maar het gesê daar is probleme wat as ras-gedrewe bestempel is.
Die polisie was by die skool teenwoordig om die situasie te monitor.
‘n Ouer het op kamera aangevoer dat sy inligting van ‘n anonieme personeellid ontvang het dat die betrokke skool glo nie vir “k-woord-kinders” is nie.
Meneer Tinus Vos van die skool het op rekord geplaas dat daar geen rassisme by die skool is nie.
Die Bittereinders was ook by die skool teenwoordig en het vroeër vandag ‘n plasing gemaak van die situasie by die skool. Hulle was ook vroeër die week teenwoordig waar Devon Hofmeyr gesê het hy gee nie om watter kleur die kinders is nie, die skool moenie ontwrig word nie en dat die Bittereinders dit nie sal toelaat nie.
Forum Sekuriteit het effektief opgetree om bates by die skool te beskerm. AfriForum is ook elders vir hul teenwoordigheid bedank.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



