Volgens die menseregteaktivis en prokureur Jos Venter is dit onwettig om kinders van ongedokumenteerde buitelanders toegang tot Suid-Afrikaanse skole te weier
Gayton McKenzie, leier van die Patriotiese Alliansie (PA) het opslae gemaak toe hy gesê het kinders van buitelanders wat onwettig in die land is, moet toegang tot plaaslike skole geweier word.
Venter het gesê dis onwettig om dit te doen, want toegang tot opvoeding is ’n basiese mensereg. Hy het ook gesê McKenzie is verkeerd met sy siening.
Bronne: EWN, Mbare Times, The Independent
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Kinders van onwettige buitelanders moenie in SA-skole toegelaat word’ – sê Gayton McKenzie



