Twee mans met verskeie vermoedelik gesteelde voertuigdoppe aangekeer

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 62 jaar oud van Durban in KwaZulu-Natal, is Maandagaand 16 Januarie 2023 aangekeer nadat hulle glo in besit van voertuigdoppe (shells/bodies) gevind is.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê ‘n intelligensiegedrewe operasie is van stapel gestuur.

Die verdagtes was in besit van verskeie voertuigdoppe gekry wat positief geïdentifiseer is as gesteel in verskillende dele van die provinsie.

Ten tyde van die operasie is ‘n onwettige skrootwerf bestorm waar die 62-jarige man met sewe voertuigdoppe in sy besit gevind is.

Hierna het hulle ‘n huis in Section-B langs die Veni Yeni-pad bestorm waar die 34-jarige gevind is in besit van ‘n gestroopte voertuig wat in November 2022 in Bayview gesteel was.

Beide mans is in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.