Man wat vermoor is deur rylopers, voorheen gewaarsku

Deel hierdie storie / Share this story

Raymond Naguru (48) is verlede Maandag op die N2 doodgeskiet nadat hy rylopers opgelaai het.

Naguru is glo herhaaldelik voorheen gewaarsku dat hy nie rylopers moet oplaai nie, want hy het na bewering ’n gewoonte gehad om rylopers op te laai met die maatskappyvoertuig waarmee hy gery het.

Naguru het Maandag twee rylopers opgelaai wat gesê het hulle was op pad lughawe toe. ‘n Paar minute later het die rylopers skote afgevuur. Naguru het aanhou bestuur. Hy het die voertuig se deur aan sy kant oopgemaak en uitgeval. Die voertuig het teen die kant van die pad tot stilstand gekom. Die verdagtes het by die voertuig uitgespring en in ‘n suikerrietveld ingevlug.

Naguru is op die toneel oorlede en ’n passasier is beseer.

Bronne: Sunday Tribune, 247 News, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man glo doodgeskiet deur rylopers op pad na lughawe