‘n KwaZulu-Natalse man is glo Maandagmiddag deur rylopers op die N2 doodgeskiet,
Die man, Raymond Naguru, was op pad na Ballito met mediese voorraad. Naguru het na bewering twee werknemers saam hom gehad en op pad nog twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee.
Hulle het vir Naguru gesê hulle is op pad lughawe toe. Sowat 50 m verder het een van die verdagtes wat agter gesit het, glo ‘n vuurwapen uitgepluk en vir almal geskree om uit te klim.
Daar word beweer die bestuurder het aanhou ry en skote is afgevuur waartydens Naguru getref is.
Die bestuurder het na bewering die voertuig gestop en uit sy sitplek geval. Die verdagtes het toe in nabygeleë suikerrietlande ingehardloop.
Volgens Dylan Meyrick van IPSS Medical Rescue het hulle op die skietery gereageer en met hul aankoms een persoon dood gevind en twee mans wat talle skietwonde opgedoen het.
Hulle is op die toneel gestabiliseer en hospitaal toe geneem.
Bronne: IOL, North Coast Courier
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vonnisoplegging in Harvey Weinstein-verkragtingsaak vertraag



