Sesjarige skiet onderwyseres met ma se geweer

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens die polisie het ’n sesjarige kind sy ma se handgeweer gebruik om sy onderwyseres by ’n skool in Virginia VSA te skiet.

Tydens ’n nuuskonferensie Maandag het die polisie gesê die kind het die geweer in sy rugsak skool toe geneem. Die kind het doelbewus sy onderwyseres, Abigail Zwerner, Vrydag in die bors tydens ’n klas geskiet.

Die polisie sê die onderwyseres kon haar ander leerlinge veilig uit die klas kry voordat sy hulp vir haarself ontbied het. Sy is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Die kind, wat nie geïdentifiseer is nie, is in hegtenis geneem en word in die hospitaal geëvalueer, het die polisie gesê en bygevoeg dat hulle ‘n tydelike aanhoudingsbevel sal aanvra.

Bronne: BBC, New York Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Onderwyseres deur sesjarige geskiet