Onderwyseres deur sesjarige geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Die onderwyseres van Virginia wat in die bors geskiet is deur ’n sesjarige is steeds in ’n kritieke toestand.

Abby Zwerner het lewensgevaarlike beserings opgedoen nadat ’n sesjarige kind haar Vrydag by Laerskool RIchneck, Viurginia, Amerika, met ’n handgeweer geskiet het.

Dis onduidelik hoe die kind, wat steeds in polisieaanhouding is, die geweer in die hande gekry het. Die skool het metaalopsporingsfasiliteite waarmee leerlinge lukraak nagegaan is en nie elke kind is geïnspekteer nie.

Die polisie wou nie sê wat die voorval gemotiveer het nie, maar Steve Drew het aan verslaggewers gesê die skietery het gevolg ná ‘n “stryery” in ‘n klaskamer van eerste graad-leerlinge (ouderdomme ses tot sewe jaar) en het nie gelyk of dit “toevallig” was nie.

Een ouer, Steve Gonzalez, wie se kind ten tyde van die skietery in die klaskamer was, het aan Fox News gesê dat Zwerner onbaatsugtig gereageer het ná die skietery.

Hy het gesê nadat sy deur die koeël getref is, “het sy vir haar kinders geskree om weg te hardloop”.

Burgemeester Jones – wat net vyf dae gelede die amp betree het – het gesê die polisie gaan voort om die omstandighede rondom die skietery te ondersoek, maar het gesê hy dink die “woordonderonsie is ‘n geldige een, en een wat ek sal gebruik”.

“Ons het nie al die antwoorde oor hoe ’n sesjarige ’n vuurwapen kon hanteer of hoe ’n sesjarige toegang tot ’n vuurwapen kon kry nie,” het hy gesê.

“Dit is ‘n donker dag in ons geskiedenis en ek dink dit is ‘n rooi vlag vir die land.”

Beamptes het ook geweier om te bespreek watter kontak hulle met die leerling se ouers gehad het.

‘n Virginia-wet verhoed dat sesjariges as volwassenes verhoor word. Die kind sal ook te jonk wees om verbind te word tot toesig van die departement van jeugdige justisie indien skuldig bevind. ‘n Regter kan egter die ouers se toesig oor die seun herroep en hom onder toesig van die staat plaas.

Bronne: BBC, The Star, Metro

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verdagte beseer in huisbraak by sakevrou Shauwn Mkhize se huis