‘n Okraïense helikopter het Woensdagoggend langs ‘n dagsorg vol kinders buite Kijif neergestort.
Nooddienste is inderhaas na die toneel waar daar verskeie sterftes was.
Daar was kinders en personeel in die dagsorg ten tye van die ongeluk.
Owerhede sê hulle is besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoeveel mense oorlede is. Aanvanklike verslae dui daarop dat daar vyftien sterftes was.
Video’s wat op sosiale media versprei word, wys hoe die gebou brand en daar kan gehoor word hoe mense skree.
Hou FiND iT dop vir meer hieroor. – The Jerusalem Post



