Sheba die tier is dood

Deel hierdie storie / Share this story

Sheba, die tier wat sedert Saterdag gesoek is nadat sy uit haar hok gekom het omdat die drade geknip was, is in die vroeë oggendure uitgesit.

Elaine Potgieter sê op die We LOVE Walkerville Facebook-blad dat daar om 01:55 vanoggend inligting ontvang is dat Sheba op die Arboretum-plaas is, ongeveer twee kilometer van waar sy laas gewaar is..

Families woon op die plaas en die tier het ‘n huisdier aangeval, waarna dringende hulp versoek is.

Daar is na die plaas gehaas en Sheba is tydens ‘n soektog naby ‘n huis op die plaas gevind.

Omdat sy in ‘n meer digbevolkte area inbeweeg het, was dit nie moontlik om haar veilig te vang nie, waarna ‘n belsuit geneem is om haar van kant te maak. Die moeilike besluit was geneem om die gemeenskap se veiligheid te verseker.

Potgieter het dank uitgespreek teenoor al die vrywilligers wat lang ure aan die soektog deelgeneem het.

Sy noem ook dat Sheba se eienaar haatboodskappe ontvang het.

“I know this is not the outcome any of you hoped for.”

Sy noem ook dat inmenging bygedra het dat Sheba nie meer leef nie.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.