Waarskuwing -Tier ontsnap, val man en hond aan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (39) en sy hond is Sondag 15 Januarie 2023 deur ‘n tierwyfie in privaat besit op ‘n kleinhoewe te Walkerville Fruit Farms, Kliprivier, Gauteng, aangeval.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê die tier het uit haar hok ontsnap.

Lede van die publiek word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die loslopende tier en om dit vir hul eie veiligheid nie te benader nie.

Hulle word aangeraai om die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te kontak indien hulle die tier gewaar.

CERT-SA sê hulle het Sondag om ongeveer 10:50 na die Highbury-area in Randvaal reageer nadat hulle berig ontvang het dat ‘n tier ‘n persoon aangeval het.

‘n Man en sy hond is met verskeie bytwonde gevind.

Die man is op die toneel behandel en deur ER24 na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Die hond, wat ernstig beseer was, is op die toneel deur die DBV uitgesit.

Na bewering is die draad by ‘n nabygeleë plaas gedurende die nag geknip. Daar word vermoed die tier het so uit haar omgewing ontsnap.

Neighborhood Farm Watch, die DBV en Kliprivier-SAPD saam met ‘n helikopter het na die tier help soek.

Inwoners in die area van Walker’s Fruit Farms en Daleside is op die We Love Walkerville – South Africa Facebook-blad gemaan om versigtig te wees.

Lees die DBV van Vereeniging & Vanderbijlpark se mediaverklaring hier:

TIGER ON THE LOOSE IN WALKERVILLE

Several authorities are on the ground following the escape of a privately owned tiger. Our team is also on the ground and working closely with the authorities to ensure the safe capture of the tiger.

We please ask residents of Walkerville and surroundings to be on the lookout and inform us immediately by calling our emergency number on 083 292 5862 if the tiger is spotted.

Please do not approach the tiger – she is dangerous.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.