Verlate kind se ma gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Kayla Jacobs, ongeveer vier of vyf jaar oud, is Sondag in die vroeë oggendure ongeveer 01:00 deur ‘n vrou by haweloses wat agter die Van Vuuren-vulstasie in Caledonstraat, Kariega, Gqeberha, in die Oos-Kaap slaap, gelaat.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê nadat die ma nie teruggekeer het om die kind te gaan haal nie, is die kind na die polisiestasie geneem. Die ma word deur GKS in Kariega gesoek.

Die vrou is onbekend aan die persone by wie sy die kind gelaat het.

Die kind ken geen ander besonderhede behalwe haar naam nie. Dit is ook nie seker of die spelling reg is nie.

‘n Saak van kinderverlating (child abandonment) word ondersoek.

Enigiemand wat weet wie die ma van die kind is en weet waar sy is kan met speurder kapt. Sone van Dyk op 083 234 8126 of Stop Misdaad by 08600 1011 in kontak kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.