Drie vas vir moord op twee tieners

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Algoapark het Dinsdag drie verdagtes vir die vermeende moord op twee tieners in hegtenis geneem.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is die twee tieners Donderdag 22 Desember vermoor.

Die polisie het op 22 Desember die oggend ‘n oproep ontvang van ‘n persoon se liggaam wat in die straat gelê het. Dit was die liggaam van ‘n 18-jarige met verskeie steekwonde. ‘n Paar meter daarvandaan het die polisie op die liggaam van ‘n tweede tiener afgekom, ook ‘n 18-jarige.

Die oorledenes is as Elthan Jonathan de Jager en Riaan Schutte geïdentifiseer.

Die drie verdagtes is by hulle huise in hegtenis geneem en sal Donderdag in die hof verskyn.