Salvokop se drie kinderslagoffers op slag gedood

Deel hierdie storie / Share this story

Privilege Parenyi (4), asook die tweeling Munei en Munewa Khomola (5), is op 7 Januarie 2023 ongeveer 16:50 op slag dood toe die bestuurder van ‘n BMW, naby ‘n verkeersirkel te 6de en Kochlaan, Salvokop, Pretoria, beheer verloor en in voetgangers langs die pad ingeploeg het.

Woman For Change sê die bestuurder was glo saam met sy broer en ‘n vriend in die voertuig en het na bewering gedrink, aangesien alkohol binne die voertuig gevind is.

Nog ses ander mense is kritiek beseer tydens die insident.

Dit sluit ‘ n verwagtende vrou en die ma van die tweeling in.

Die kinders is op slag dood.

Lees ook hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.