Kyk: AfriForum wen, Julius Malema mag nié misdaad aanmoedig nie

Deel hierdie storie / Share this story

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum en uitvoerende hoof van Forum Films, het gisteraand in die video-opname bekendgemaak AfriForum het nog ‘n saak teen Julius Malema en die EFF in die hof gewen.

In 2017 het AfriForum ‘n interdik teen Julius Malema gekry, waarna hy en die EFF aansoek gedoen het vir verlof tot appèl.

Die appèlsaak is met koste van die hand gewys.

Die saak gaan oor die aanhitsing van mense tydens openbare byeenkomste, om grond te betree en te beset.

Die EFF het aangevoer dat dit nie ‘n misdaad is om mense aan te moedig om ‘n misdaad te pleeg nie.

Die Konstitusionele hof het beslis dat dit ‘n misdaad is om mense aan te moedig om grond te betree en te beset.

Lees hier:

DeurAfriForum17/01/2023

Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 bekom het, van die hand gewys. Hierdie interdik het Julius Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset. Die hof het ook gelas dat Malema en die EFF AfriForum se koste moet betaal.

Met hierdie uitspraak het regter P.M. Mabuse ’n vroeëre uitspraak van die Konstitusionele Hof bekragtig en daarop gesteun, dié uitspraak het die ongrondwetlikheid van aanhitsing tot betreding van private eiendom en die ernstige kriminele aard van enige aanhitsing om eienaars van private eiendom of die reg op private eiendom in gevaar te stel, beklemtoon.

“Hierdie uitspraak is ’n groot oorwinning vir private eiendomsreg en ’n groot slag vir diegene wat misdadigheid, geweld of wetteloosheid wil aanhits,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“AfriForum verwelkom regter Mabuse se uitspraak wat die nodige klem lê op die ernstige kriminele aard van die aanhitsing van mense om privaat eiendom te betree en onwettig te beset,” sluit Van Zyl af.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.