‘n Mediese student van Johannesburg in Gauteng is vermis vandat sy in KwaZulu-Natal vakansie gehou het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die 24-jarige Noluthando Mthembu is in haar finale jaar aan die Universiteit van Johannesburg in Gauteng.
Sy was in Durban met vakansie toe sy haar broer se woonstel in Overport verlaat het om saam met vriende te gaan kuier. Sy is sedertdien vermis en antwoord nie haar selfoon nie.
Rusa kan by 086 1234 333 gekontak word met enige inligting.



