Tommy Olivier, countrymusiek-legende, is vanoggend in die ouderdom van 72 jaar dood. Hy het lank probleme met sy gesondheid gehad.
Oliver het in 1973 bekendheid verwerf met sy treffer, I wanna Live, opgevolg met Just An Everlovin’ Woman in 1974. Hy het daarna nog verskeie albums die lig laat sien.
Tommy Hollamby is op 20 Desember 1950 op ‘n familieplaas in Rustenburg, Noordwes gebore.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



