Katolieke priester brand dood

Deel hierdie storie / Share this story

’n Nigeriese Katolieke priester het doodgebrand en ’n ander priester is geskiet nadat die huis van die priester aan die brand gesteek is.

Die motief vir die moord is onbekend, maar dit word geglo dat dit moontlik verband hou met die presidensiële verkiesing in Februarie.

 Die aanvallers het glo die huis van Isaac Achi in Kafin-Koro in Nigerië Sondag probeer binnedring en het dit toe aan die brand gesteek toe hulle nie kon inkom nie. Die ander priester is geskiet toe hy probeer vlug het.

Ure later is ’n ander priester in die Katsina-streek geskiet en vyf mense van ’n Christen-huis is aangehou.

Bronne: DW – South Africa, SABC, Washington Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nasionale stilstand moontlik oor frustrasie met Eskom