Nasionale stilstand moontlik oor frustrasie met Eskom

Deel hierdie storie / Share this story

Die energieraad van SA en kenners het gewaarsku dat verbruikers na verwagting meer intensiewe beurtkrag vanjaar sal moet trotseer.

Kenners het gewaarskt fase 8-beurtkrag is ‘n moontlikheid in die volgende paar weke/maande met die besigheidsjaar wat nou begin.

’n Nasionale stilstand is dalk op die horison namate keelvol Suid-Afrikaners en politieke partye hulle woede op sosiale media oor die beurtkrag en die elektrisiteitstariewe wat verhoog is, uitspreek.

Die DA beplan glo ’n optog op 25 Januarie na die ANC-hoofkwartier in Johannesburg.

Nog ’n optog is glo op Twitter gereël vir 2 Februarie vanaf Sunninghill na Megawattpark, Eskom se hoofkantoor, in Sandton, met nog ’n optog wat vir Kaapstad beplan word.

Bronne: Cape Argus, VN Explorer, Daily Maverick

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Fase 6-beurtkrag duur voort tot verdere kennisgewing