BREKENDE NUUS: Ramphosa se tussentydse interdik teen Zuma toegestaan

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa is ‘n tussentydse interdik toegestaan ​​om oudpresident Jacob Zuma se private vervolgingsaansoek te stuit. 

Die SABC berig die uitspraak is vanoggend in die hooggeregshof in Johannesburg gelewer.

KYK: Uitspraak in Ramaphosa vs. Zuma interdik

Ramaphosa sê twee dagvaardings wat Zuma teen hom bekom het, is onwettig aangesien dit gebaseer is op ‘n nie-vervolgingsertifikaat wat hom nie impliseer nie.