‘n Oorlaaide taxi is Vrydagoggend 13 Januarie 2023 om 08:00, op die N1, Mashishing, Silicone-verbypad, Limpopo afgetrek en geskut.
Die Capricorn-distriks- openbare vervoereenheid van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het die 22-sitplek voertuig wat van Zimbabwe na Kaapstad onderweg was voorgekeer met 36 passasiers binne in.
Die bestuurder van die taxi het nie ‘n permit gehad om daarmee in Suid-Afrika te ry nie.
Die taxi is geskut en geneem na die Polokwane –verkeersbeheersentrum vir verdere ondersoek.
Verifiëring van wettige reisdokumente is verder deur die polisie en binnelandse sake gedoen.
Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid is bekommerd oor insidente waarin voertuie wat in Suid-Afrika reis, dit doen sonder die nodige dokumente en versoek dat die wette van Suid-Afrika gerespekteer moet word alvorens bestuurders en taxi’s die land binnekom.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



