Babahondjies uit drein gered

Deel hierdie storie / Share this story

Pasgebore babahondjies het Sondagmiddag in ‘n drein in Estuaryweg, Riverview, KwaZulu-Natal geval en is gered.

Reaction Unit South Africa het om ongeveer 17:40 ‘n oproep van die eienaar van die hond ontvang wat gesê het haar babahonde het ongeveer 2 meter diep in ‘n drein ingeval.

Die beamptes het die drein se deksel afgehaal, in die skag afgeklim en die vyf babahonde gered.

Die hondjies was ongedeerd.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.