Vyf verdagtes vas na jaagtog en skietery op N2

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf verdagtes tussen die ouderdomme van 22 en 44 is Maandagoggend vroeg deur die polisie in hegtenis geneem na ‘n hoëspoedjaagtog op die N2-hoofweg.

Lede het die voertuig probeer voorkeer, maar die bestuurder het glo geweier om te stop en vir die polisie weggejaag. Die verdagtes het ook glo verskeie skote na die polisie afgevuur voor hulle in Wesbank voorgekeer is.

Die voertuig is deursoek en twee vuurwapens en ammunisie is in die voertuig gevind.

Die verdagtes is van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook moord, aangekla.

Die verdagtes sal Woensdag in die Blue Downs-landdroshof verskyn.